Fotostories Boek E-mail

Bestelvorm (PDF)

 

 

Van tegniek tot bladsy
Retha van der Walt

Groot formaat, horisontaal
144 pp
Sagteband met flappe
Prys: R169.95
ISBN 978 1 920268 45 9
Publikasie datum: September 2009
Available in English as Photo stories (ISBN 978 1 920268 44 2)

Fotoplakguru Retha van der Walt, samesteller van die gewilde TV-program Fotostories op KykNet, demonstreer die top 12 fotoplakwerktegnieke – almal met illustrasies en duidelike stapsgewyse foto’s. Elke tegniek word gevolg deur ’n verskeidenheid treffende voorbeelde van die gebruik daarvan in bladuitlegte geskep deur beide Retha en ’n indrukwekkende versameling plaaslike en internasionale medewerkers wat die room van die fotoplakkerswêreld verteenwoordig. Van die tegnieke wat beskryf word, sluit kreatiewe matwerk, weefwerk, veroudering en mini-albums in en elkeen is vergesel van ’n volledige lys van benodigdhede. Gedetailleerde beskrywings en duidelike volbladfoto’s van elke uitleg bied vir die leser ’n inspirasiefees vol bykomende inligting en idees. ’n Kort, maar insiggewende inleiding fokus op die hoofelemente van fotoplakwerk en sorg dat die fotoplakker sukses sal kan smaak met slim ontwerp-, fotografie-, joernaal- en gereedskapwenke. Meer as 300 foto’s maak van hierdie boek ’n visuele viering van fotoplakwerk en onmisbare toevoeging tot enige fotoplakkersboekrak!

Bestelvorm (PDF)

 

Login